Wat het ons geleer van PNI?

en wat kan ons doen

om onsself te help?

 

Watter gedragspatrone maak mense weerbaar teen siekte,en ondersteun die immuunstelsel?

 

Stap I: Nie positiewe denke nie maar wel positiewe wese, wat die realiteit van die omstandighede in ag neem.

Wees buigbaar, pas aan by wat die omstandighede vereis en wees bewus van wat jou liggaam benodig. Maak planne om dit vir jou liggaam te gee. ‘ Positiewe wese vereis bewustheid en aksie!

 

 

Stap II: Besef dat sress nie goed of sleg is nie. Stress kan jou ook motiveer indien jy in beheer bly en indien jou liggaam balanseerd kan byhou by jou aksies. Maar wanneer stress by jou ‘n gevoel van buite beheer laat, begin planne maak om beheer terug te kry.

 

Stap III: Wees Self-Kompleks. Dit beteken, ontwikkel soveel ‘talente’ as wat jy kan wees. So wees ‘n huisvrou en ‘n skrywer, en ‘n moeder en ‘n bejaarde, en ‘n vriend, en ‘n man of vrou, en ‘n besigheidspersoon, en sportief, en en en… Want indien een van hierdie identiteite swaar kry is daar altyd ‘n ander wat goed genoeg onwikkel is om jou deur die moeilikheid te dra. Dit help jou om aan te pas en dit verminder ook ‘n gevoel van verlies in moeilike omstandighede.

 

 

Stap 1V: Ontwikkel en gee uitdruk aan Altruisme (onselfsugtige liefde teenoor ‘n medepersoon of enige vorm van lewe) sowel as die vermoe om mense te vertrou en sosiale bande te vorm. Onthou die voorbeeld van Moeder Theresa.

 

 

Stap V: Bou ‘Hardiness’. Die drie ‘C’s’ in Engels: Commitment, Control and Challenge.

Stap VI: Vind jou lewensdoel en passie vir lewe en vind ‘n manier om dit uit te leef. (Selfs indien dit slegs vir een uur per week is).

 

Stap VII: Die uitdruk van emosies. Om eerstens bewus te wees van hoe jy voel en dan om ‘n manier te vind om dit te verwerk, nie te onderdruk nie. Dit geld vir positiewe en negatiewe emosies. Indien emosies onderdruk word bly dit binne-in jou liggaam en kan ‘n chroniese stress veroorsaak.

 

Stap VIII: "Assertiveness": Die vermoe om jouself uit te druk, om vas te staan by wat jy glo in spsifieke omstandighede. Om bewus te wees van jou behoeftes en om dit te vervul op een of ander manier.

 

Watter gedragspatrone onderdruk of bring die immuunstelsel in ‘n wanbalans?

(Wanneer al die onderstaande emosies onbewustelik, of chronies vir ‘n verlengde periode gevoel word, sonder om iets daaromtrent te doen).